Suikerbos

by Dewald Wasserfall · · Alternative Rock
Lyrics

Quick Answer — Suikerbos Lyrics

Al sou jy dalk eendag, by 'n ander man slaap. En partykeer my ore van my kop af praat. Jy's 'n teelepel suiker. Jy's 'n handvol kaneel.
Alternative Rock 2012 English

Suikerbos Full Lyrics

Al sou jy dalk eendag, by 'n ander man slaap. En partykeer my ore van my kop af praat. Jy's 'n teelepel suiker. Jy's 'n handvol kaneel. Jy't my hart gesteel. Die trane loop oor jou wang soos wyn. Jou drome is groot. Maar jou wêreld is klein. Daar's 'n boek vol dinge wat ek wou sê. En Suikerbos, ek wil jou hê. Suikerbos, ek wil jou hê. Ons kan droom van 'n huis wat vêr oor die Blouberge lê. In my drome kan ons dans tot waar die tyd stilstaan. Ek en my suikerbossie saam. Weet jy dat ek somtyds nog vir jou skryf. Oor die maan wat dans oor jou sagte lyf. En die son wat sing oor jou sagte mond. Maar my dag sal kom. Suikerbos, ek wil jou hê. En het ek jou vertel dat ek jou wil hê? En van al die dinge wat ek vir jou wou sê? Maar dis 'n ander man, wat nou langs jou lê. Ek glo nie ek gaan vanaand huistoe kom nie. Ek gaan ry. Deur die nag. Deur die reën. Deur die wind. Tot naby jou. Suikerbos, ek wil jou hê. Ons kan droom van 'n huis wat vêr oor die Blouberge lê. In my drome kan ons dans tot waar alles sin kan maak. Ek en my suikerbossie. Ek en jy suikerbossie. Suikerbos, ek wil jou hê. Ons kan droom van 'n huis wat vêr oor die Blouberge lê. In my drome kan ons dans tot waar alles sin kan maak. Ek en my suikerbossie. Ek en jy suikerbossie. Ek en my suikerbossie saam.

Frequently Asked Questions

When was "Suikerbos" by Dewald Wasserfall released?

"Suikerbos" by Dewald Wasserfall was released in 2012.

What genre is "Suikerbos" by Dewald Wasserfall?

"Suikerbos" by Dewald Wasserfall is a Alternative Rock song.

What are the opening lyrics of "Suikerbos"?

The opening lyrics are: "Al sou jy dalk eendag, by 'n ander man slaap."